Dis weer tyd vir die 2016 ATKV-Oesfees!

Solms Delta > News and Newsletters > News Updates > Dis weer tyd vir die 2016 ATKV-Oesfees!
March 4th, 2016

OesfeesDie Oesfees vind hierdie jaar op Saterdag, 19 Maart in die hartjie van die Boland plaas, waar gewaarborgde vermaak vir jonk en oud aan die orde van die dag sal wees. Dis ’n fees wat musiekliefhebber, Richard Astor in April 2008 van stapel gestuur het om jaarliks die einde van `n oesjaar te vier.

Groot name soos Valiant Swart, Emo Adams, Hannes Coetzee, Chris Chameleon, Radio Kalahari Orkes, Hot Water en meer sal by die fees te sien wees, wat sal verseker dat daar ’n glimlag van verwondering op alle gesigte sal wees.

Kry jou kaartjies vroegtydig om teleurstelling te voorkom en kom geniet saam die 2016 Oesfees by Franschhoek se pragtige Solms-Delta wynlandgoed.

RSS Feed Subscribe to RSS Feed


Leave a Comment